Die groot klip wat alles bymekaar hou

Deur Herman Labuschagne

 

  

In die ou dae het die boere meerendeels kampe gespan in die vlakte-wreld. Hor op teen die berge was dit te skuins, te klipperig en sommer net te warm om draad te span. Om die rede het die boere dikwels die grond maar net vanself laat besluit waar dit die boer sn ophou en waar die Staat se wildernis begin. Daar was in elk geval dikwels te veel ongediertes daar bo om berg kampe vir die diere prakties te maak. Op party ou plase is dit selfs vandag nog so. My pa was een van die min wat ek geken het wat n paal sou plant in soliede graniet as hy dan moet maar sy grond moes n draad om kry.

 

So koop my swaer eendag n plaas en wil hom behoortlik toespan. Die probleem is dat niemand meer weet waar die grense loop nie. Die ou volk is al lankal weg en die laaste van die oorspronklike boere het dekades gelede al die grond aan die droogtes, die landbank en die bobbejane oorgelaat. Onder langs die huis l wat van hulle oor is nog net as weggegooide grafte onder n hartseer bloekomboom.

 

Ek skakel toe maar my landmeters-vriend in Kaapstad en vra om hulp.

Dit sal moeilik wees, het hy my gewaarku. Maar dalk kan ons n naweek daarvan maak.

Op n goeie dag trek sy you Mercedes op die werf en en daar staan Phillip met n enkel-blaadjie kaart wat nog deur n griffel met die hand geteken was. Dis hoe die laaste kaart in die akteskantoor vandag nog lyk opgetrek iewers hier rondom agtien-iets-in-die-vyftigs as ek reg onthou. Die afmetings is nog in roede aangedui.

 

Omgereken na meters, en goed bewapen met n GPS begin ons toe maar stap. Phillip het gewaarsku: Dit was voor die dae voor landmeters meestal penne ingekap het.

Mens moet maar werk volgens bakens wat in woorde op die kaart beskryf word.

 

Plat klip, staan daar by die eerste baken aangeteken. Terwyl die muggies ons byt, staan ek die kaart in die son en aankyk. Vandaar soek my o verder op teen die berge.

Die hele berg is dan vol klippe, hyg ek na Phillip. Watse kans het ons om die ding ooit te kry?

Hy vee maar net die sweet af en glimlag.

Jy sal sien as ons daar kom.

 

So struikel ons maar voort totdat die steekgras deur my kouse tot binne in my skoene kruip.

Omtrent hierso, se Phillip met n sug.

Hierso?

Ek kyk om my rond. Daars dan niks, behalwe klippe oral. Dit kan nie wees nie.

Nee man, kyk mooi rond. Daar sal iewers n snaakse klip wees.

 

Ek begin soek. En soek. Later kry ek n ou gebuigte koevoet, rooi geroes, en verklaar dat dit die plek moet wees.

Nee, s Phillip, dis n klip. Die kaart s so. Hy moet hier wees.

 

En ons soek. Uiteindelik mompel Phillip: OK ek het hom. Ek dink dis hy die.

Ek gaan kyk. Daar tussen die bosse naby waar n ding gevrek het l n klip. So snaakse klip.

Kan dit hy wees? wil ek weet.

Phillip lag maar net. Dis presies hy.

 

Dit was die beginpunt van ons bakens. Met hierdie een kan ons die volgende drie bakens begin plot. In die bakkie en oor rante en dale trek ons. So kry ons waarlik elke baken. Elke keer is dit n klip wat vir my maar net met verbeelding as n baken sal kan deurgaan.

 

Die laaste een was hoog op teen die Langeberge. Nou moes ons soek vir n klein gaatjie in n groot ronde klip. Om die groot klip te vind was nie moeilik nie, want ver boontoe l n wit kol wat lyk soos n omgevalle karavaan. Toevallig kan die Landrover selfs to amper by die plek ry al is dit skuins. Maar nou vir die gaatjie. Iets wat volgens Phillip deur die landmeter uitgekap sou wees om die meester-baken te merk. Die een waarvolgens al die ander bakens uitgel was.

 

Ek en Phillip help mekaar tot bo op die rots en nou begin ons soek. Wie kon dink dat daar so baie gaatjies in n klip kan wees? Ek begin later dink dat ons die verkeerde klip het.

En toe s Phillip: Ek dink ek het hom.

Ek gaan kyk. Die ou dingetjie? Sal dit dan nou die kaatjie wees? Ek kyk Phillip twyfelagtig aan terwyl hy self-tevrede oor die vlaktes staar. Ek weet darem nie. Eindelik gaan l ek op my maag. S nou maar die oumense het gaatjies in klippe gekap soos n visier op n geweer? My oog korrel noordwaarts en daar l hy: Presies waar hy moet wees. Die onmiskenbare pimpel van ou Towerkop, baie, baie myle binneland toe. Daar iewers anderkant Ladismith.

 

Ek kon dit nie glo nie. En toe onthou ek vaagweg iets van die opmeet-klasse wat ek op universiteit gehad het: Alles werk na een verwysingspunt toe. En daar l hy. Die een ou stukkie rots wat al die plase aanmekaar hou. Selfs paaie is somtyds uitgel volgens iets waarheen die landmeters sommer met die oog kon korrel. Die wonder van die hele dag was dat toe Phillip die moderne kordinate uiteindelik opgedateer het, elke baken skaars met n paar voet uit was.

 

Ek kon nooit weer oor n landskap ry sonder om uit te kyk vir n skerperige knoets of n horingkie op die berge-draak se rug nie. Oral sien jy hulle nog. Die orde van die ou tyd, vasgevang in die skoonste logika.